Hospitaal werker hou foto vir 45 jaar

Die heel eerste groepie kleuters was 45 jaar gelede in 1972 by Tygerberg Hospitaal se creche met 'n bokskamertjie afgeneem is.

Reg aan die begin van die bestaan van die Tygerberg Hospitaal, 45 jaar gelede, is ’n groep-foto met ’n mik-en-druk kamera by die hospitaal se creche geneem.

Dit was in 1972 van die heel eerste kinders wat die pas-gestigte creche bygewoon het. Mev Pretorius, die opsiener van die creche het die foto geneem.

Ina Mack was een van die oorspronklike werkers by Tygerberg Hospitaal se creche, wat die werkende mammas se kleuters opgepas het.

Ina sê sy het geeneen van die kinders ooit voorgetrek nie, maar van die begin af het die stil Cronje-tweeling, Marius en Heinrich, in haar hart gekruip.

Vir baie jare al het sy hierdie betrokke fototjie soos ’n kosbare kleinood bewaar en altyd gewonder wat van die tweeling geword het. Op ’n dag, by die Parow-markie, het Mevrou Mack die tweeling se mamma raakgeloop en opgewonde die foto uitgehaal.

Christa Cronje van Parow-Noord was net so verbaas en bly oor die fototjie wat sy dadelik herken het. Dit het weer soveel herinneringe by haar wakker gemaak, sê sy.

Daarna het die tweeling aangedring en is ’n ontmoeting gereën. Dit was ’n heuglike dag vir Mevrou Mack om die Cronje-tweeling na 45 jaar te ontmoet vir koffie.

Sy merk op dat dit ’n groot verandering is om kinders wat sy van vyf jaar oud onthou . . . en nou as groot mans met ’* hoë ouderdom te vereenselwig, want sy sien nog hoe die kinders voor haar speel.

Mevrou Mack het daarna nog vir 15 jaar by die Tygerberg Hospitaal se creche gewerk, waarna sy toe by die mediese skool daar gesorg het dat die laboratorium se instrumente skoon gehou word. Dis ook by hierdie mediese skool waar Dr Carl Albrecht vir veertig jaar met sy kanker-navoring besig was.

Mevrou Mack is nou afgetree in Elsiesrivier. Hein Cronje woon in Durbanville en is ’n staatsamptenaar. Marius Cronje weer het ‘n besonderse talent wat kan toor met akkoorde as sy vingers oor die klawers gly. Hy is ’n maatskaplike werker in Engeland.

Gelukkig was hy onlangs tuis vir hul 50ste verjaardag-vieringe. Dis toe dat die ontmoeting met Mevrou Mack gereën is.

Dit was vir die Cronje-tweeling lekker om hul ou oppasser te bederf. Op haar beurt sê sy dat sy steeds baie lief is vir kinders en dit was belangrik om ’* goeie bydrae te lewer in die vormingsjare van kinders wat onder haar sorg was.