PV tweede in BioScience-olimpiade

Parel Vallei is verheug oor hul nuutste titel as die naaswenners van die nasionale BioScience Global-olimpiade. Op 23 Maart het 130 Parel Valleiers deelgeneem aan dié olimpiade. Om die wen skolelys saam te stel, is die gemiddeld van die 10 beste leerders per skool se punte bereken. Die top skolelys is as volg: eerste plek, St Dominics Priory; tweede plek, Parel Vallei; derde plek, Westerford; vierde plek, HM La Rochelle in Paarl; vyfde plek, Pearson; sesde plek; Wynberg; sewende plek, Secunda; agste plek, Jim Fouche; negende plek; Strand; en tiende plek, Pretoria Noord.

Regs is Parel Valleiers wat silwer sertifikate vir hulle uitslae ontvang, agter van links, Heather van Os, Eduan Uys en Du Toit Spies, en voor van links, Irene du Toit en Justine Puren.