In 2015 het ek en ander lede van die Van Riebeeck-vereniging by Paarl Media se aanleg in die Paarl besoek afgelê, soos in hieride rubriek berig is.

Ons het veral na die vereniging se nuwe publikasie An Entirely Different World, Russian Visitors to the Cape 1797-1870 gaan kyk, wat reeds op stapels gelê en wag het. Vars soos brode uit ’* oond.

Ek was nie toe toegelaat om ’* foto darvan te neem nie, so ek skryf nou maar ’* kommentaartjie daarop.

Die redakteur van die versameling reisverhale deur Russe, Boris Gorelik, is self ’* Rus. Hy is ’* taal- en kunskenner en het in 2013 ’* boek oor Vladimir Tretchikoff, getiteld Incredible Tretchikoff geskryf, asook navorsing oor Russiese immigrante na Suid-Afrika gedoen.

Hy het duidelik ’* belangstelling in ons land - eintlik ’* passie, as ’* mens kyk hoe ywerig hy hierdie boek op Facebook adverteer en praatjies daaroor aanbied. Niks daarmee verkeerd nie, min mense is eens bewus van die Russiese konneksie en sy boeke maak ’* eiesoortige bydrae tot ons historiografie é* erfenisbewusmaking.

Soos in die geval van die nuwe boek oor kolonel Gordon waaroor ons onlangs gelees het, vind ons hier ook meer uit aangaande die Kaap en sy inwoners. Ek haal aan uit Gorelik se boek: “Meeting inhabitants of the inner part of the Colony often, I had a chance to ascertain that their character was very similar to Mr Vaillant’s description.”

Dis nou ene Yuri Lisyansky (aan die Kaap van 1797 tot 1798), wat verwys na die reisverhale van Francois le Vaillant, wat ook al deur die vereniging gepubliseer is.

Baie relase soos dié van Le Vaillant moet plek-plek met ‘* knippie sout geneem word, maar wanneer verskillende beskrywings vergelyk word, kan ’* mens meestal agter die kap van die byl kom. Juis daarom is Gorelik se bundel ’* belangrike ekstra boublok in ons steeds onvolledige legkaart van die Ou Kaap.

Lisyanksy meld die uitmoor en verslawing van die San en hoe dit hom geskok het. Inderdaad ’* skandvlek op die wit gemeenskap, geen twyfel daaroor nie. In konteks kan egter ook genoem word dat die Khoi lustig hieraan meegedoen het en dat die San op hulle beurt nie filantrope was nie.

Die spiraal van inter-kulturele botsings, verkeerdelik as blote rasse-konflik gesien, het baie vroeg al hier plaasgevind. Waar die Khoi en later die Xhosas met wit boere (en met mekaar) om weiding en water meegeding het, het die San met almal gebots omdat hulle groot jagvelde benodig het. Hiervan het die verfynde en naïewe Europeërs - en blykbaar ook die Russe - min geweet en begryp.

Onder die Russe wie se skrywes in hierdie bundel opgeneem is, is Vasily Golovin (1808-1809), Alexey Butakov (1841), Ivan Goncharov (1853), Konstatin Posyet (1853). Nie een het langer as ’* jaar hier vertoef nie en hulle indrukke moes dus in daardie lig gesien word.

Sommige was positief in hulle uitkyk, ander nie, en dit hang ook af van met wie hulle in aanraking was, en ook onder watter om-standighede hulle hierheen gekom het. Sommige vertel van hoe gasvry die boere was, ander het teenoorgestelde ervarings gehad.

Hier was immers opgevoede en welvarende mense, ander was welvarend maar ongeskik, en dan was daar sekerlik die meerderheid wat nooit die binnekant van ’* skool (en selde dié van ’* bad) gesien het. Dieselfde kan natuurlik van besoekers se volksgenote gesê word, of hulle van Rusland, Maleisië of Frankryk was.

Ivan Goncharov, ’* romanskrywer, het gedetailleerd vertel van sy ontmoetings, en ek parafraseer: “We drove accross the river by a long stone bridge, not quite finished.[...].” Hy vra toe wie die brug bou en die antwoord is: “A Stellenbosch coachbuilder.”

Hy vra daarop waar die brugbouer hom as sulks bekwaam het en die antwoord is: “Nowhere. He has never even left the town.”

’* Pikante passasie uit Goncharov se relaas lui: “On a bench sat a very old woman in a Dutch cap without a frill, and dipped tallow candles; another, an elderly woman, sat behind a spinning wheel; a third, a young girl, with tonged hair, completely blonde and completely white, the colour of baked milk, with white eyebrows and light azure eyes with a white tint, bustled about the housework.

“The servant was a stocky and tall mulatto woman. Her converged brows and small forehead did not deter her from coquettishly rolling her eyes, black as tar.”

Omslagtig, oordrewe selfs, maar dit was die skryfstyl van destyds se romansiers, en dit skets ’* heel insiggewende prentjie.

Professor Howard Philips, voorsitter van die vereniging, sê in sy voorwoord dat die vereniging sedert sy stigting in 1918 (dus teen die afloop van die Eerste Wêreldoorlog) vertalings uit Hollands, Latyn, Duits, Sweeds, Frans, Noorweegs, SeTswana en isiXhosa gepubliseer het - en nou ook uit Russies, waarvan meeste van hierdie teks vir die eerste keer in Engels verskyn. Hoera vir die Van Riebeeck-Vereniging; dis ’* uitstekende prestasie!

Rusland het nie enige bande met die Kaap gehad nie, en Afrika was vir die Russe inderdaad soos ’* vreemde planeet, maar tog kon hulle sekere interessante paralelle met Moedertjie Rusland tref.

Om meer hieroor te lees, kan die webwerf www.vanriebeeck society.co.za besoek word, wat ’* volledige lys van al die vereniging se publikasies bevat, asook ’* skakel om bg. boek te bestel.