Dr Iqbal Survé, voorsitter van Independent Media, en die ontslape oud President, Nelson Mandela. Photo: Supplied

PAPER TIGER is pateties, eintlik lagwekkend. Wel, Alide Dasnois, dankie vir die blootstelling waar jy en Chris Whitfield my teen die doodsnikke van jul boek vermeld. 

Feit is, as voormalige rekadrise en eens gerespekteerde joernalis, het jy ‘n boek publiseer om JOU bas te red. Hoe voel jy oor die feit dat jy, die enigste redakteur in die wêreld, NIE ‘n artikel oor die wyle voormalige President Nelson Mandela op die voorblad van die Cape Times ten tye van sy afsterwe publiseer het nie?

Jou boek is vol van jouself, en is bloot ‘n publikasie en herhaling van ‘n klomp snert oor die voorsitter van Independent Media, Dr Iqbal Survé. ‘n Selektiewe “copy en paste” van die brief wat ek jare gelede vir Survé geskryf het. Ek staan by elke woord, waarom publiseer jy nie die HELE brief nie, Tannie?

En sowaar, terwyl ek nog wonder of ek ‘n ietsie oor Alide “Annoyed” se “papier-tier” wil skryf, so wragtag, daar kom ene Theunis Engelbrecht gister met sy opinie oor die boek wat skaars goed genoeg is om ‘n Sondag braai aan die brand te steek. Theunis, ek merk jy noem jy is ‘n joernalis en skrywer. Ek dink jy moet drama as loopbaan oorweeg – of word jy per woord betaal vir die nonsens wat jy kwytraak? Trouens, die titel van jou stuk (diep weggesteek in Rapport Weekliks), “n Stuk absurde teater”, is na aan die waarheid: jou opinie is, inderdaad, ‘n stuk absurde teater.

Kom ek stel myself gou aan jou voor, aangesien jy nie die moeite gedoen het om my te kontak nie.  

My loopbaan het begin as handelaar in finansiele instrumente, daarna ekonomiese redaktrise by die ou Finansies & Tegniek, toe by Sake Beeld, en toe, sowaar, by die einste Rapport wat jou salaris vandag betaal. Ek het bedank by Sake Rapport ‘n paar maande nadat ek ‘n bladsy 3 artikel oor Survé en die notering van Sekunjalo op die JSE publiseer het – nogal met ‘n foto van Survé. Ek is ingeroep, en onomwonde deur die onslape redakteur van Rapport, Dr Izak de Villiers, gevra: “Wat soek hierdie koelie in my koerant?” “Meneer, dit is ‘n nuwe notering op die beurs (daar was nie veel notering in maande destyds nie), en hierdie maatskappy het belange in gesondheidsorg, tegnologie en vissery, ek dink hy gaan nog groot hoogtes bereik. Is daar iets fout met my artikel,” het ek gevra.

Ek is gevra om sy kantoor te verlaat, en ek was seker my loopbaan by Sake Rapport is verby. Gelukkig kon ek my dinge in plek kry, my eie onderneming begin, en met groot vreugde die groot trek Kaap toe aanpak.

Maar, belangrik, is dat ek uiters geskok was oor sekere onderduimshede by Rapport. Die einste onslape De Villiers – hy was ‘n dominee en ook die redakteur van Sarie, n vroue tydskrif – het homself skuldig gemaak aan binnehandel. Marlene Britz, voormalige maatskappye redaktrise van Sake Rapport, het ‘n kolom op Maandae publiseer: “‘n Aandeel om dop te hou.” Marlene het ook ‘n maatskappy op die kant bedryf, waar sy aandele verhandel het. Menige Vrydae het ek gehoor hoe hul die aandeel bespreek, en het sy dan vir De Villiers aandele gekoop in die maatskappy wat sy dan die Maandag opskryf. Haar kolom was gewild, en die aandele het altyd skerp gestyg in die week waarna haar kolom verskyn het. Ek het dit as binnehandel beskou en het die saak met die destydse President van die JSE, Russel Loubser, opgeneem. Ek is seker hy sal dit onthou. Onstellend, veral in die Rapport omgewing, waar De Villiers homself daarop geroem het dat sy koerant korrupsie ontbloot. Ek kon nie hiermee saamleef nie, en het bedank.

Ek meld ook in my brief aan Survé dat ek in 2011 ‘n oproep van Jacques Dommisse, ook in Die Burger/Rapport stal, ontvang het. Ek was geskok. “Adri, jy ken Iqbal goed. Vertel my hy is korrup, ek het die storie nodig. Koos het ‘n spesiale ondersoek afdeling gestig, en ek is in beheer hiervan. Ek moet vir Iqbal ontbloot. Wat is die storie oor die vis tender, daar moet iets onderduims wees. Jy het lank saam met Iqbal gewerk, jy moet weet. Is hy korrup?” Jacques is daar weg met ‘n paar feite, en sy soebat aan my om Survé te “ontbloot” het op niks uitgeloop nie. “Nee Jacques, Iqbal is nie korrup nie. Inteendeel, sy passie is om geleenthede vir agtergeblewenes te skep – werksgeleenthede.” En dit is wat Survé doen – tot vandag toe.

Ek hou nogal van die verskeie name wat ek genoem word, dan is ek Survé se Imbongi (nogals ‘n imponerende titel moet ek se), of sy Queen Bee (wonder waar is die angel is in die een) en so paar ander. Die nuwe “bakvissie” titel is bloot ‘n glimlag werd.

Ek het so paar vrae. So paar jaar gelede het ek ‘n ontmoeting met ‘n voormalige redakteur van Sake Beeld gehad. Ek sal nie nou sy naam (nou) noem nie, ek het groot respek vir hom. Hy noem toe aan my dat hy weg is by Beeld oor ‘n storie oor binnehandel oor Koos Bekker waaraan hy gewerk het. Die storie het nooit werklik die lig gesien nie. Ek wonder waarom.

Ek wonder gereeld waarom daar so groot bohaai oor Survé gemaak word? Nie ‘n Sondag of ‘n week gaan verby sonder een of ander opgewarmde “breaking story” nie, dan in die Sunday Times, dan in een of ander titel van Naspers. Kollegas, wat soek julle? Of wat steek julle weg? Terwyl daar soveel kommissies van ondersoek is, hoekom is daar nie ‘n kommissie van ondersoek oor media vryheid nie? Ek is ‘n honderd persent beskikbaar om voor enige kommissie te getuig oor my rol as redaktrise van Business Report (BR), en my meer as twee dekades werksverhouding met Survé. Ek daag enige iemand uit tot ‘n openbare debat. Kom, se jou se!

Note to BR readers: This column will be published in English on BR online during the week. It will be part of a series, “Unpacking the Truth About Survé”.

BUSINESS REPORT