Water beperkings

D Beelders, Vasco

Ek vermoed dat inwoners in die Wes-Kaap teen die tyd al dronkgeslaan is weens die teenstrydige aankondigings van die DA-beheerde burgemeester Patricia de Lille en aanhangers wat op plaaslike en provinsiale vlak geuiter was.

Me De Lille toyi-toyi erger as die ANC met idees, planne, verwerping van kritiek, onbevoegdheid op alle vlakke, insluitend die tender proses, ens, ens.

Vat byvoorbeeld:

In Mei gee Me De Lille ’n versekering dat krane nie “droog” sal loop nie. In Julie dat watervermorsers met R10 000 beboet sal word. Tenkwaens met water sal inwoners met water voorsien.

In September word Vlak 5 beperkings aangekondig, inwoners wat meer as 87 liters gebruik sal met toerusting wat die gebruik van water beperk moet klaar kom. Daar is geen rede om paniekerig te raak nie.

Burgemeesterskomitee lid vir informele nedersettings, water- en afvaldienste; en energie, Xanthea Limberg, voorsien dat in Februarie maand 250 miljard liter water per dag van alternatiewe bronne beskikbaar sal wees.

In November word aangekondig waterdruk sal verminder word op plekke, watertoevoer sal afgesny word sekere tye.

Onderburgemeester Ian Neilson sê die eerste water van alternatiewe bronne behoort teen November in die waterstelsel opgeneem te word en dat dit onvermydelik is dat watertariewe in Julie 2018 sal styg.

Me De Lille het gesê dat spesiale watertariewe (of heffing) wag op inwoners weens finansiële probleme en weens minder inkomste deur water verkope. Dag nul tot Mei 2018 uitgestel.

Wie kan jy glo? As daar so baie planne is waarom praat hulle van D-dag? Wat van daardie belaglike heffing wat toegepas sou word op wonings wat meer as R1 miljoen werd was. Was daar ook nie ’* tekort in die Stad se koffers? Wie kan jy glo?

Previous articleWater worry
Next articleAbalone bust
SHARE